Change Currency
Vir Retah McPherson en haar gesin was die motorbotsing in 2004 net die begin van ‘n reeks gebeurtenisse wat hulle lewe onheroeplik sou verander. Retah se seun Aldo (toe 12 jaar oud), het ‘n baie ernstige hoofbesering opgedoen en was vir ‘n paar maande in ‘n koma na die ongeluk. Terwyl Aldo in ‘n koma was, het hy ‘n bonatuurlike ervaring gehad. Hy was in die hemel; hy het God, die engele, Moses en Abraham gesien. Aldo het teruggekom met een boodskap: “Mamma, ek moet die wereld vertel dat Jesus leef!”
‘n Boodskap van Hoop is die derde boek in ‘n reeksboeke waarin Aldo en Retah getuig van hulle gesin se pad van hoop en geloof. Aldo skryf steeds briefies geinspireer deur Heilige Gees (of Wysheid, soos Aldo Hom noem), oor die hemel en die hel, engele en geestelike geveg wat heers in die hemele. Retah het in 2008 voltyds tot die bediening toegetree en staan tans aan die hoof van Retah McPherson Bedieninge. Sy reis oor die wereld as ambassadeur van die Koninkryk van God en verkondig die evangelie van Jesus Christus.
Retah en haar gesin is tans gevestig in Stellenbosch, Suid- Africa